LINDT en Kaas

So ons mag nie meer Biltong verkoop nie (grendeltydreels), so die naam moet verander na Kookwater Lindt en Kaas of Kookwater Waterblommetjies en Kaas of so iets. Ons het hierdie week ‘n paar planne met die kookidees: … Lees gerus verderLINDT en Kaas

Posted on

Kookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die ou sondagskoolliedjie het vannag 4 uur in my op opgekom. Onthou jy nog: ” Jy in jou klein hoekie en ek in myn”? Die ander frase was ” Jesus min my salig lot” en dan die meer onlangse liedjie van Joan Armatrading: ” Me, Myself, I “. Alles van toepassing op ons huidige omstandighede. Jy het nou al vir amper 3 weke jou nessie reggepak, jouself jammer gekry en by almal wat wil hoor en nie wou hoor nie gekerm oor allerhande goed. Die Here het vir jou gesorg. Niemand wat hierdie nuusbrief kry het die virus gekry nie. Dis tyd om weg van jouself af te kyk. Ander mense het jou nodig. Kom ons maak ‘n paar planne: … Lees gerus verderKookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die Gesonde Kwarantyn Konyn

So, wat noem ons die Paashaas vanjaar? Die Kwarantyn Konyn. Ek glo dat daar 3 dinge is wat ons land gaan help om hier deur te kom: Ons sin vir Humor is hoog op die lys. Ek glo ook dat ‘n gesonde leefstyl dalk kan help om die land te red. Ek gaan nie ‘n marathon op my balkon hardloop nie. Ook nie ‘n ystermankompetisie in die tuin nie. Gesond EET en DRINK is die deel wat Kookwater graag mee help:
Lees gerus verderDie Gesonde Kwarantyn Konyn

Posted on