CAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Posted on

Een van die vrae wat ek die meeste gevra word, is: As ek grootmaat koop, wat is die beste prys?  UITEINDELIK word hierdie ouens se droom bewaarheid. Ons gewone uiters lae prys op Bashew blikkies is R5.50.  Hierdie is baie gewild.  Ons het nou ‘n grootmaatprys op 2 soorte Bashews: Cola en Iron Brew.  As jy 24 of meer koop kos dit net R100 per pak van 24. Dis R4.17 per blikkie.  Gaan groot! Die voorraad Ceres sappies (R21 vir 6x200ml) raak vinnig minder, maar hou nog. Ons het ook ‘n paar ander hittebrekers:

  • 6pak YOGHURT R8.50 of 2 pakke vir R16.
  • 1 liter SAP R9.50
  • 2 LITER KOELDRANK R5
  • STERI STUMPIES – botteltjies R5 (3 geure), 1 liter vir R16.50 (sjokolade)

Op die kaasfront lyk dinge ook mooi en die baie gewildes is beskikbaar:

  • CAMEMBERT EN BRIE R19.50. (uiteindelik weer beskikbaar)
  • ROOMKAAS R21 :  ”plain” en gegeurd.  (R45 elders is te rof)
  • DIP & CRUNCH – 8 bakkies vir R17.50. (kosblikwenners)
  • FETA KAAS R21 vir 200gr
  • Cheddar en Gouda R85 per kg.
  • Maak gerus ‘n kaasbord vir jou en jou vriende.  Een van die wenners is beslis ‘n Avokadopeer doopsous – jy kry nou 3 reuse AVO’s vir R10.

Ons het ons koffiekapsules uitgebrei. Behalwe Starbucks het ons nou ook LOR kapsules teen R35 vir 10.  6 soorte beskuit van Nibbly Bits om saam met die koffie te geniet kos nog steeds R19.50.  
Ons kry vanmiddag weer nuwe MOT ORGIDIEE plante in (vanaf R140).  Die eerste 5 mense wat plante koop, kry elkeen ‘n plant wat klaar geblom het gratis. (knip net die blomsteel af op 1 lit en hy loop weer uit.)  Ons het ook heelwat blom- en groenteplantjies ingekry.
Baie dankie aan die persone wat die moeite gedoen het om my aandag te vestig op ongehoorde kasregisterpraktyke.  Ek waardeer u hulp.  Saam kan ons oneerlikheid hokslaan.  Laat weet asb as iets u pla in die winkel af as u ongerymdhede raaksien.  
Mag jou week vol grootmaatverrassings wees.

Camembert groete

Avo Rossouw