Brandvlei gevangenis – 100 ontsnap tydens brand – glo op pad na Kookwater

Posted on
Kookwater escape
Wellington se Kookwater Winkel se Janne-worry kompetisie is amptelik gesluit!
Baie geluk aan Olivia Loubser, wie die R2 000 geskenkbewys by Wellington se Kookwater Winkel gewen het!
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en Wellington se Kookwater Winkel ondersteun.

 

Dis die nuus waarmee ek vanoggend wakker geword het.  Op sosiale media is ‘n video versprei van die brand by die Brandvlei gevangenis en die byskrifte: 110 ontsnap, 200 vermoedelik vermis.  Van die ontsnaptes is glo aangekeer op pad deur die Hugenote Tonnel.  Dit laat my toe dink.  Die enigste rede hoekom hierdie ouens op pad was deur die  tonnel is omdat hulle erens op hul whatsapp groepies daar in die tronk gehoor het van Kookwater se specials.  Ek dink daai VARS ROOM was die trekpleister.  4 x 250ml houertjies vir R20, of koop sommer ‘n boks van 10 vir R50.  Blykbaar is daar resepte met room in versprei.  Lekker bly nou maar eenmaal lekker en die pad na ‘n man se hart is mos ‘n spyskaart.  Ek het sommer gesien hoe ons omset vandag lekker gaan klim met al die nuwe klante, maar helaas, dit was FOPNUUS.  Almal is nog veilig agter slot en grendel – ons ook.  

Nie alles in Kookwater se nuusbrief is fopnuus nie (die room se prys is reg, om mee te begin).  Hier is nog ‘n bietjie ware lekker feite:

  • Ons het pragtige blomplantjies – R15 per sespak. Afrikanertjies, Vinkas en Somervygies. Ons het ook lekker groot rissieplante.
  • Honde bederfies – beskuitjies – R20 en R30.  In ons Wellington Winkel het ons Epol en vele ander honde- en katte produkte teen ons gewone uiters lae pryse.  Dis een of 2 van ‘n soort en dis die rede hoekom ons dit nie in al ons winkels het nie.  Kom bederf vir kietsie, of soos die honde mekaar daar in Parow groet: “WOEF EKSÊ”.
  • Laktose vry 1kg Yoghurt R14.50, Cheddar kaas R125 per kg. 
  • 500ml BANG energiedrankies R6.50. LONG CHIPS R9,90.  DELICO CREAM WAFER STICKS R29,50. Heerlik en in ‘n mooi geskenk verpakking.
  • Daar is nog ‘n bietjie oor van die 3 TON DELI RUSSIANS wat ons gekoop het – R34.50. Moenie lang trane huil more as dit op is nie.
  • Ons het massas proteas ingekry gister – R55 vir 4. Baie mooi.
  • KOFFIEBONE: TCHIBO: 3 geure: Espresso Milano Style Elegant Roast, Caffe Crema Intense en Espresso Sicilia Style Intense Roast.

Ek het ‘n bietjie my finansiele toekomsbeplanning gedoen.  Lyk my ek sal kan aftree op 97 en gemaklik kan leef vir omtrent 17 minute.

Die manne wat gedink het dat ‘n vrou se droom ‘n ridder op ‘n wit perd is, is blykbaar verkeerd. Elke vrou se droom is blykbaar om te eet sonder om gewig aan te sit.

As Toyota manne kuier, praat hulle oor jag en visvang.  Isuzu manne oor rugby en braai.  Amarok manne oor mans en modes.  Landrover manne praat oor waar die olie die goedkoopste is en Ford manne praat mekaar moed in.

Sterkte met jou toer daar deur die tonnel.  Ons maak 8 uur oop vir daai room.

Tralie Groete

Frans Tronkvoel

NS: agter tralies is dalk die veiligste vir my na daai feite oor dames en Ford eienaars. (dis blykbaar ook fopnuus)

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.