Beesfillette, Viking Chilli Paste en Bloubessies

Posted on

Ek hoor van al hoe meer mense wat hul werk verloor.  Ek hoor ook van al hoe meer mense wat weer kan begin werk.  Ek dink aan almal en hou by my uitgangspunt: Moenie moed opgee nie, moenie ophou planne maak nie.  Vir die vele entrepreneurs wat al vir my vertel het van hul idee om ‘n besigheid te begin, was my raad nog altyd:  BEGIN NET.  Moenie jou huidige werk los nie.  Begin net met nog iets.  Moenie dat jou moed en jou PLANNE opraak nie.  Die wyse ou ingilsman het oor die moeilike tye gese: “This too shall pass.  It may pass like a kidney stone, but is will pass.”  Daar is altyd geleenthede vir mense wat planne kan maak en geleenthede kan raaksien.  Moenie ‘n goeie krisistyd miskyk nie.  Daar is altyd geleenthede.

‘n Mens kan nie net raad gee en dit nie self toepas nie.  Gaan maak gerus ‘n draai by Daai Kookwater Winkel in Newton.  Tydens die grendeltyd, het ons al begin met die nuwe planne.  (Ek het julle al vertel van die nuwe produk – Orgidiee wat ons ingekry het).  Daai Kookwater Winkel is nou groter en baie mooier gemaak.  Ons het die hele vloer geteel en is in die proses om ook ‘n lekker groot koelkamer te installeer.  Die plan is om Daai Kookwater Winkel ‘n lus vir die oog te maak.  As jy daar koop, maak gerus gebruik van ons mannekrag om jou te help om jou aankope na die motor te dra.  Dit is nie nodig om hulle te betaal nie, ons doen dit vir jou gerief, veiligheid en omdat ons jou as klant waardeer.  Parkeer ook gerus op die sypaadjie langs die hoofpad.  Daar is BAAAAAIE parkeerplek.

Die lekkerste aankondiging wat ek die week kan maak, is dat ons uiteindelik weer BEES FILLETTE inkry (nog ‘n nuwe produk – eintlik ‘n ou gunsteling).  Ons vorige verskaffer het eenvoudig te duur geraak en ons moes maar ons fillet tande trek.  Van vanmiddag 4 uur af (Woensdag, 24 Junie) het ons weer fillette teen R160 per kg.  Ons hou dit vir 2 dae vars en vries dit dan.  ‘n Fillet weeg tussen 1,5 en 2,5kg.   Geniet dit!

‘n Ander heerlike nuwe produk is die Viking Chilli Paste teen R39 per botteltjie.  Heerlik geurvol en net die ding om bietjie skop in jou disse te sit.  Daar is 3 sterktes.  Hierdie tuisgemaakte wonder bevat geen MSG of ander onnatuurlike geurmiddels nie.  Probeer gerus hierdie een. Jy sal nie spyt weet nie.
My vroulike kant is eenvoudig mal oor die blomme in die winkel.  Die Orgidiee (teen 2 stringe vir R100) en die Proteas (R10 elk) doen dit vir my.  Bederf bietjie jouself, of jou wederhelf of buurvrou of vriendin met ‘n groot bos.

Die Avo’s (3 vir R10), Soetrissies (groen en rooi peppers vir R25/kg), eiervrug en vars Jalapenos, Haberneros en Thai rissies is baie lekker in die kos. Ons kry ook vanmiddag weer vars Bloubessies in teen R15 per bakkie.

Kyk bietjie na hierdie kosblikverrassings (vir die skoliere en werktoe):

  • 200ml Ceres en Rhodes Sappies en ystee – R23 vir 6.  
  • Melrose en Laughing Cow kaasdriehoekies (R18.50 en R16.50)
  • 350ml Steri Stumpie botteltjies R7.50   (R14.99 elders)
  • Vrugtekelkie: R15 vir 10 bakkies.
  • Snickers sjokolade stafies R4.50
  • Nature Valley dubbelstafies 3 vir R10

Sterkte met al jou planne.  Onthou: Om jou drome te laat waar word, moet my wakker word en iets daaraan doen.

Kookwater Groete

Opgewonde Frans – een van die manne vol planne.