Bederf Jouself

Posted on

Jy verdien dit.  Jy het heel maand hard gewerk en kan doen met ‘n bederfie.  Kom spaar by Kookwater en sorg dat jy genoeg geld oor het om jouself lekker te bederf.  Leer by die rykes.  Warren Buffet (tans 87,3 biljoen dollars sterk) het die week sy eerste slimfoon in 89 jaar gekoop.  Sy oopklapfoon het blykbaar die gees gegee.  Wys jou net – spaar lekker tot jy genoeg geld het om iets te koop wat jy nodig het.
Ons het ‘n hele paar geldspaarders en lekker bederfies:

  • OLYWE 3 pakkies vir R20 (ons prys was verlede week nog R9.50 en elder betaal jy meer as R15) Gaan groot.
  • 3 pragtige Avo’s vir R10 – Ripe & Ready.  My ou vroutjie het Maandag die sagstes in die winkel gevat en ‘n ongelooflike lekker doopsous gemaak met die Maaskaas (R14.50) Toe die beskuitjies op is, het ek dit met ‘n lepel ge-eet.  Smullekker.
  • PROTEAS 3 vir R20.  Bederf jouself
  • Mug&Bean koffiebekers R7.50 vir 25  (R33 elders)  Ons het 3 soorte.  Kom koop vir jou Kerkbasaar, skoolsnoepie, kinderpartytjie.  Kry sommer ook van ons Kerrie en rysbakkies teen R5 vir 25.
  • TURKSVYE NOU 4 VIR R10.  Ongelukkig nie pitloos nie.  Ons het alreeds 1100 verkoop. (ek eet ook so 7 elke aand – baie vesel en so..)  Daar kom darem niks by 7 yskoue turksvye op ‘n warm somersaand nie.  Miskien ‘n yskoue Mango.  Ons het hulle ook nou teen 2 vir R10. lipleklekker.

2kg gerasperde cheddar en mozzarella vir slegs R95Ons het die heerlikste KOEKIES INGEKRY TEEN R13.50. 

Vir die grootste winskopie moet jy gouspring, want ons het nie baie nie:  Groot verskeidenheid.Kosblikwenners – Granola balletjies – alle soorte vanaf R3.50 tot R9.50.  Wees bietjie daai Graad R (of 1 of 2…) mamma wat die gesonde kosblik inpak.  Vir die mammas wat nie weet nie – jy word aangepraat as jy lekkers inpak skool toe.

So ja.  Genoeg gespaar. 

Gaan koop nou vir jou ietsie lekkers.

Geldspaar groete

Frans Buffet

Net ‘n pragtige song! Geniet die emosies.