BAKKERS, KRAGBOKSE en INGELEGDE VRUGTE

Posted on
Trifle hooffoto

Daar is niemand wat ek van weet wat nie hierdie tyd van die jaar iets bak nie – Pannekoeke vir die kinders, koekies vir die vakansie, beskuit vir see toe vat, Scones vir bederfies. Ek kan heeldag so aangaan.  Kookwater het die produk wat almal gebruik – behalwe as dit so duur is.  BUTRO – SPRAY & COOK.  Nou net R29.90 by ons (R49.99) elders.  Ons het ‘n pallet gekoop (meer as 2000 blikke) en ons beplan die volgende pallet, want ons weet dit sal die maand se gewildste produk wees.  Man, ek is trots op hierdie aankope, om nie eers te praat van die prys nie.  Wees bietjie daai Ouma wat saam met die kinders koekies bak (sonder dat dit aanbrand) of daai Tannie wat die straat se kinders nooi om te kom pannekoek bak – niks is verniet nie – ruil 3 pannekoeke vir 5 minute se papiere optel in die straat.  

 
Terwyl ons op die lekker onderwerp is…. het jy al die grootste Trivle in menseheugenis in jou buurt beplan?  Doen dit saam met die ander susters in die straat.  Elkeen kan ‘n 3kg blik Fruit Cocktail by Kookwater kom koop vir R49.  Dis nie geld nie.  Dit gaan oor die vreugde wat jy kan help gee.  Dis hoekom ons die 12 parkies verf en swaaie regmaak hierdie tyd van die jaar.  Daar is min dinge so bevredigend as om ‘n ry kindertjies in hul pajamas te sien staan wat wag vir hul beurt om te swaai.  Man, dit sit ‘n glimlag op my bakkies.  SLEGTE NUUS VIR PERMANENTBESWAARDES – die ouens wat altyd se: ‘Dit sal nie werk nie’ of “Hulle sal dit weer opmors”… In voortsetting van verlede week se kragbokse wat ons begin verf het…. Ek het Saterdag 15 kragbokse graffiti vry gemaak.  (lees as “grasgroen gespuit met avokadokleur verf’).  Dit was baie bevredigend en dis nogal ‘n baie sterk verf.  Na 4 dae kan ek nou rapporteer dat: 1. daar nog steeds fyn groen kolletjies op my arms is (die wind en spreiverf werk nie lekker saam nie).   2.  Daai kortbroek met die nuwe groen kolletjies is nie meer geskik vir kerktoe dra nie, en  3.  DIE SLEGTE NUUS VIR NEGATIEWE MENSE:  AL 15 BOKSE HET NA 4 DAE NOG NIE WEER ENIGE GRAFFITI OP GEKRY NIE.  HALLELUJA.  Bly positief.
 
Het jy al jou sonneblomme geplant?  Ons het nou twee soorte – die dubbele sonneblomme, bekend as Teddiebere of Pom Poms ( kom kry dit gratis by die winkel)  …   en ons nuutste toevoeging – Oranje Rooi sonneblomme.  R20 vir 20 pitte.  Dis ‘n belewenis.  
 
Dit gaan nie ewe skielik kouer word nie, en ons is reg daarvoor.  Ons het ‘n maand gelede 22 pallette Still en ‘sparkling’ water gekoop.  Daar is nog 4 oor.  Teen R4 per 500ml botteltjie, vlieg hulle van die rakke af.  R15 vir ‘n 5 liter water is ook baie gewild.  Kom kyk ook ons 1 liter gegeurde Cederberg water – 6 vir R36.  My gunsteling is die 200ml botteltjies aarbei gegeurde water – R15 vir 6.  Gouspring.  Beplan daai drankie met die sambreeltjie in ook:  blikkies Burtons vir R5 elk: Pienk Tonic, Indian Tonic, Dry Lemon, en vele meer.  Ons is reg vir hierdie hitte.
 
Mense het geld hierdie tyd van die jaar.  Dis die perfekte tyd om jou eie besigheid te begin.  Topverkopers in Desember en Januarie: INGELEGDE VRUGTE.  Ons 820g blikke perskes is nou R12 as jy ‘n boks van 12 koop.  (Gewone prys R15, ander winkels begin by R45). 820g Vrugtekelkie R14 – boksprys. (gewone prys R17, ander winkels – meer as R50).  Haak ‘n sleepwa en kom koop baie.  Maak 100% wins en teen R24 is jou prys nog steeds die helfte van ander winkels s’n.  GAAN GROOT MAN.  VERDUBBEL JOU GELD.  Die lekkerste deel is dit: Selfs al is jou besigheid nie ‘n sukses nie, kan jy vir die volgende 2 jaar heerlik ingelegde perskes eet.  Dink net:  Met ‘Ideal melk’, met vla, in die trivle, vir ontbyt, saam met die middag tee.  JY KAN NIE VERLOOR NIE.  Hoe water my mond nou.
 
Hierdie tyd van die jaar fokus ons op genietinge.  ‘n Lekker koppie koffie (200g Barista gemaalde koffiebone R45) , Red Espresso kapsules, Dulce Gusto koffiekapsules en natuurlik BESKUIT R25 vir 400g.  Kom kry genoeg voorraad in die spens vir die hele vakansie.   Kan ‘n mens 6 uur in die oggend sit en kwyl?  Ek doen.  Die Pafloff effek – ek dink nou aan ‘n lekker koppie koffie en gelyke hoeveelhede van Oom Freddie se heerlike dik tradisionele MELKTERT en Mariette se besonder gewilde klam WORTELKOEK.  Man hier kom ‘n lekker vakansie.  Beplan dit so.
 
Moenie die kinderbederfies agterlaat nie:  speelgoedlekkers – 2 vir R10, (gewoonlik R17 vir een), 45g pakkies Simba Chips – 2 vir R9.90,  Pringles Chips R9.90, 3 Steri Stumpies vir R15, 3 sespakke YOGHURT vir R29.90, en die grootste een is 3 Tweeliter koeldranke vir R25.  
 
DIS STRESVOL BY DIE WERK.  Almal is kwaad vir almal.  Medikasie is al oplossing.  DIKBEKPILLE R14.50.  Koop ‘n pakkie vir al daai dikbekke en sit dit by die koffiemasjien of gee sommer ‘n hele pakkie vir die skuldiges.  Die voorskrif is gratis ingesluit:  NEEM EEN TABLET ELKE 15 MINUTE TOTDAT DIE SWELSEL GESAK HET.
 
Behou die humor, beplan daai Trivle en wees jy die een met die ongelooflike sonneblomme in die buurt.
 
Wortelkoekgroete
Frans Melktert.