Auntiebodies en Blomtyd in Prins Albert – Kookwater was daar met ‘n bokmelkkasie

Posted on

Daar is min dinge so mooi soos ‘n dorre Karoo wat afgewissel word deur gousblomme wat uitbundig blom na net een bui reen. Dis droog, maar hierdie mooi gesig wat jou verwelkom langs die pad as jy Prins Albert binnekom, wys jou wat gedoen kan word met net ‘n klein bietjie genade. Die nederige gousblom is ‘n voorbeeld vir ons.  Die hartseer deel is dat Suid Afrika se nasionale blom – die plastieksak, ongelukkig volop is.  Soos in al ons dorpe is daar altyd twee keuses: jy kan dit maar aanvaar en mense soek om te blameer en dan daarmee saamleef of jy kan iets daaraan doen.  Ek weet jy is een van die doeners.  Kom ons wees deel van die oplossing en nie deel van die probleem nie.  Doen iets in jou dorp.  Ek sal ook.

Ons het heerlike nuwe kase in die winkel.  Kom kyk gerus:

  •  Maasdam kaas – R99 per kg.  Dis daai soort kaas wat jy net op foto’s in oorsese tydskrifte sien.  Dis ‘n sagte kaas met gate in.  Heerlik.
  • Chavroux BOKMELKKAAS – R18.50.  ‘n Heerlike ingevoerde nommertjie.  Tyd om jouself te bederf met iets lekkers.
  • ‘Diced’ Mozzarella R65 per kg.  Dis soort wat Debonairs op hulle pizzas sit.  Maak bietjie jou eie Debonairs pizza.
  • EDAM kaas.  R99 / kg.  ‘n Heerlike wit Cheddar – beskikbaar in 2kg ‘loaves’.
  • Die eetplekke hier op Prins Albert is stomgeslaan as ek hul vertel van ons ander produkte: Amandels R135/kg, Gedroogde Pynappels 5 x 100gr vir R20, 10 groot WRAPS vir R15, 4 Avo’s vir R10 en vele meer.    Ons raak partykeer bietjie te gewoond daaraan om duur te betaal.  Geniet ons lekker lae pryse.

Om te ent of nie te ent nie is nie die vraag nie – dis die pyn in die oor.  Elkeen wil tog net sy ou eiertjie le oor sy siening en die navorsing wat hy op facebook gedoen het.  Ek kan nie wag om weer gesigte sonder maskers te sien nie.  Ek brand om weer rugby te kyk met SKARES. Ek wil graag weer ons toerismebedryf sien blom, ons besighede sien floreer en ons mense sonder vrese sien.  Ek het my dubbelentjies gevat.   Ek wil volstaan met die mooi opsomming van die dames oor 40 wat nie inge-ent hoef te raak nie – hulle het klaar Auntiebodies.

Mag jy hierdie week uitbundig blom daar waar jy geplant is.  Onthou die Gousblom se voorbeeld – doen dit met die minimum genade.

Karoo groete

Prins Frans