ARRIVE HAPPY

Posted on

ARRIVE HAPPY…… Kia het ‘n nuwe advertensie op TV wat ‘n uiters opgewonde, vriendelike ou wys by ‘n begrafnis en ‘n uitbundige dame by die tandarts.  Die boodskap …. as jy in ‘n KIA ry, daag jy gelukkig by jou bestemming op.  
Ons het vele redes om gelukkig te wees.  Die groot brand is geblus, dis koeler vandag, my honde is nog lief vir my (die katte dalk ook, maar dis debatteerbaar) en ons het genoeg water, kos en liefde.  Kookwater sit graag nog ‘n paar redes by:

  • WRAPS R22.50 vir 10 grotes, R19.50 vir 10 kleintjies.
  • Hondekos – R9.90 vir 800gr blikkies en R7.50 vir 400gr.  
  • Katkos 2 geure:  Beef Casserole en Pilchard R7.50 vir 400gr
  • SAP:  Uiteindelik weer Tamatiesap en verskeie ander geure R7.80 per liter
  • OLYWE 3 pakkies vir R20.  
  • KOFFIEKAPSULES.  R25 vir 10.  Laaanklaas gehad.  Uiteindelik weer.
  • Groot verskeidenheid KOEKIES en Granola Bites. Ideaal vir die kosblikbederfies.
  • Mugg & Bean Koffie’glasies’  R7.50 vir 25.  
  • Graanvlokkies R29.50 vir 500gr

Daar is vele meer dinge om jou beursie ook te laat glimlag.  Kom maak ‘n draai by Daai Kookwater Winkel en Kookwater Biltong en Kaas.  Jy sal nie net ‘happy’ daar aankom nie, jy sal met ‘n plooivormende permanente pretglimlag daar uithuppel.  Ons wag vir jou.

Vriendelike glimlaggende groete

Smiley Rossouw

Arrive Happy