‘Afterparty’

Posted on

Mensig, maar dit was ‘n lekker partytjie.  Soos by enige goeie partytjie, wou die mense nie ophou nie.  Die verkope het hierdie week net aangehou (want sien, die pryse het so laag gebly).  Met hierdie verlengde partytjie het ons besluit om maar ‘n ‘AFTERPARTY’ te reel.  

So ons gaan voort.  Die pryse bly dieselfde (behalwe die produkte wat uitverkoop is).  Ons sit selfs ‘n paar nuwes by:

  • 350ml water R2 – dit vlieg so vinnig dat dit dalk nie na vandag nog daar sal wees nie.
  • 750ml water R3.50. Ons kry vanmiddag 4000 bottels in.  Die rede hoekom hierdie so gewild is, is omdat dit die ‘sportscap’ is.  Die ander rede is mos dat ons klante ‘n winskoop en geldmaakgeleentheid kan raaksien.  Dink net aan jou lekker winsgrens as jy dit by sportdae, snoepies, ens teen R10 verkoop. GENIET DIT.
  • 5 liter water R9.50. Na ‘n afterparty moet ‘n mens glo heelwat water inneem (ter wille van die lewer). Geen probleem – kies na behoefte 350ml,750ml of 5 liter as jy  bietjie erg aangegaan het.
  • Die Klapper ‘chips’ was baie gewild verlede week en het gou uitverkoop.  Ons het weer vars voorraad ingekry teen die ongelooflike prys van R9.90. Dis heerlik.  Dis nie sout nie, dis soet.
  • Die Ryskoekies het ook gou uitverkoop, maar ek het ‘n hele bakkievrag nuwes ingekry.  Blatjang-en Sweet Chillygeur.  R7.50 vir 125gr.   
  • VRUGTEKELKIE IS WEER IN VOORRAAD (Fruit Cocktail blikke).  Hierdie is baie gewilde ingelegde vrugte – veral die prys. 410gr R6.50, 800gr R12.50 en 3kg kos slegs R37.50.  Geniet hierdie heerlike nagereg saam met daai Parmalat vla – nog steeds R16.50 per liter.
  • Waterblommetjies R49.50 per kg.  Pragtige blomme. Dis mos eintlik ‘n winterproduk – hulle blom dwarsdeur die jaar, maar hier in Wellington brand die son die blomme stukkend in die somer.  Hierdie blomme kom daar van die Overberg af waar dit bietjie koeler is.
  • Kaasmarmite R22.50. Ek moet dit eintlik net fluister, want dit verkoop so vinnig en dan is die dames kwaai met my as dit op is.  So gouspring dames.

Daar is soveel slegte dinge wat mens heeltyd hoor op die nuus en in die koerante, dat mens maklik moedeloos kan raak.  Ek maak ‘n punt daarvan om mooi goed raak te sien.  Dinge wat my dag ophelder.  Blouwillem op Maandag – se artikel Maandae in die Burger doen dit vir my.  Die week het hy vertel hoe sy dogter op universiteit hulle met goeie toeneelspel sitgemaak het en meegedeel het dat daar ‘n babatjie op pad is – Eina!!.  Hulle het ‘n rukkie gevat (en ‘n paar kalmeerpille)  om die humor raak te sien, toe sy hulle vertel het dat dit 1 April is.   

Geniet die heerlike herfsweer en Donderdag se reen.

Hou die blink kant bo en doen jou deel om van die wereld ‘n beter plek te maak (al is dit partykeer net om jou mond te hou).  Confusius het gese:  It is better to be a diamond with a flaw than an pebble without.

Positiewe groete

AfterFrans