2022 gaan Kookwater wees – AS JY WIL

Posted on
956dc703886916e4fe5c1442fa7e4b31

Is jy nie bang vir wat 2022 gaan bring nie?

DIT SAL BLOMME BRING.

Ja?, Hoekom?

OMDAT EK BLOMME GEPLANT HET.

2022 kan die jaar van groot dinge wees………..  AS jy dit so beplan. Dawie Theron het ons in die kerk weer herinner aan Chris Barnard se woorde in Blindemol:  DAAR IS SOVEEL OM OOR BLY TE WEES, MAAR SO MIN BLYDSKAP.  Klim uit daardie negatiewe houding van jou uit en vergeet van voornemens.  Doen iets aan dit wat verkeerd is.  2022 is die jaar van die oorpak.  As jy sien iets is verkeerd, doen iets daaraan.  In Wellington het verskeie buurtwagte ontstaan in die laaste paar maande.  Dis mense wat nie aanvaar dat skollies en skelms die botoon voer in hulle buurte nie.  Hulle offer hul tyd op en patrolleer hulle buurte.  Hulle maak beslis ‘n verskil.

Kookwater het gesien dat daar mense is wat swaarkry om uit te kom met hul finansies.  Ons het ons pryse laat sak:

  • 750gr All Bran Flakes was R35, (R63 elders).  NOU SLEGS R29
  • 6 pak LANGLEWE MELK R58
  • 850gr WIT GOUDA R69. Gerasperde Mozzarella en Cheddarella – R75/kg,  ‘Diced’ Mozzarella R65 per kg.
  • 500gr BOKOMO BESKUIT R18
  • 3 pakke WRAPS vir R30
  • 2x1kg glasbottels BEETSLAAI R25
  • Ceres SAPPIES R78 vir 24 x 200ml,   Jabba Juice R39 vir 24 x 160ml.
  • Amandelmeel R65/kg, Tamaties R9 /kg, Kaasmarmite R24

Daar is baie mense wat nie weet wat om te doen om ‘n ekstra inkomste te genereer nie.  Hier’s ‘n plan:  Almal het ‘n stukkie grond waarop ‘n klompie 2 liter bottels kan staan.  Kookwater het gereeld Avo’s wat bruin gedruk is.  Kom haal die pitte by ons en plant dit.  Ons sal die boompies koop.  Koop een Papaja (Paw Paw) en plant al die pitte in halwe 2 liter houers.  Ons sal die boompies koop.  Maak bougainvilla steggies, Lemmetjieboomsteggies.  Kom haal ‘n paar pap tamaties by ons en plant dit.  Kweek jou eie tamaties en verkoop die wat te veel is vir jou aan die mense in jou straat.  Dis die jaar van die oorpak – steek jou arms uit jou moue….   nie om bakhand te staan nie, maar om iets te plant.

WAT VAN JOU WAT SIEN HOE ANDER MENSE SWAARKRY TERWYL DIT MET JOU GOED GAAN?  Moenie skuldig voel nie.  Doen iets.  Ons wil vanjaar ons parkieboomprojek aanpak.  Dit sal wonderlik wees as elke parkie in ons dorpe een Lemmetjieboom, een Pekanneutboom en een Avokadopeerboom kan he.  Hierdie bome is gekies omdat dit in die Boland redelik bestand is teen peste en plae.  Gratis lemmetjies vir die kos, Pekanneute en Avo’s om te eet en selfs te verkoop.  ‘n Skaduboom is baie belangrik in die Boland.  Die boom kan net sowel veeldoelig wees en iets ekstra gee.  As jy nie self ‘n boom wil plant of skenk nie, klim op die internet en besoek www.greenpop.org.  Hulle plant bome oor die hele land.  Teen ‘n minimale bedrag kan jy ook ‘n boom borg.  Vra hulle sommer ook of hulle nie wil bome skenk vir ons Parkieboomprojek nie.   Dankie aan Drakenstein Munisipaliteit wat snags die bome in ons dorp natmaak en ook voordurend nuwe bome langs ons toegangsroetes en in ons dorp plant.  Saam sal ons ‘n verskil maak.

Vir die besighede daar buite.  Moenie aanvaar dat Januarie en Februarie maar ‘n stil maand moet wees nie.  SKARREL.  MAAK PLANNE. Kom koop belaglik laeprys produkte by Kookwater en verkoop in jou dorp/buurt.  Jy sal floreer AS JOU PLANNE NET NIE OPRAAK NIE.

Ek hoop hierdie brief het jou geinspireer om nog nuwe planne van jou eie te maak.  Vertel mense van hierdie planne.  Betrek jou buurt, jou straat, jou buurman, jou gesin.    Tel die rommel op in jou straat, jou parkie, jou buurt.  Plant bome en groentes op jou sypaadjie.  Daar is honger mense daarbuite.  Help mense om hulself te help.  Kry ons kinders van die strate af en terug in die skole.  2022 SAL BLOMME BRING, WANT EK SAL BLOMME PLANT.

Daar is altyd humor in ons land:  

Gisteraand het 3 ouens ingebreek by Koos se huis op soek na geld.  Omdat dit Januarie is, het Koos hulle gehelp soek.

Ek verstaan nie mense wat ontsteld is omdat Djokovic ‘n anti-vacser is nie.  Sy naam is dan No Vac.

They can close our schools,  they can close our factories (and bottle stores), BUT THEY WILL NEVER CLOSE OUR POTHOLES.😁

Dra asseblief daai maskers.  Dit red lewens. ‘n Vriend van my was gister in ‘n kuierplek saam met sy meisie.  Sy vrou het hom nie herken nie omdat hy ‘n masker gedra het.

Mag 2022 die jaar wees van groot dinge.  Mag die Karoo soveel reen kry dat ‘gumboots’ standaard toerusting raak op die plase.  Mag jy die geleenthede raaksien en jou hande uit die moue steek om dit te benut.

Opgewonde Groete

Groot Plan Rossouw