SES SWART DAE by Kookwater

Die eerste 3 dae van ons swart week was rof. Die dames het met mandjies kaas daar uitgestap. Die goeie nuus is dat al die pryse van die KAAS, KINDERS EN KOFFIE nog steeds geld – kyk gerus op die aangehegde pryslys.
Die tweede fase van die swart week skop nou in. Dis GESKENKE, GROENTE EN GELDSPAAR. … Lees gerus verderSES SWART DAE by Kookwater

Posted on

WOELIGE WINSKOPIE WEEK oftewel Swart Vrydagweek

Kookwater se klante kan die week uitsien na selfs NOG LAER PRYSE. Ons kan egter nie alles in een dag uitpak nie en het besluit om sommer heelweek die fees te vier. Maandag en Dinsdag fokus ons op KAAS, KINDERS EN KOFFIE. Ek wil nie alles herhaal wat hier onder in die pryslys is nie, maar hier is enkele lusmakertjies:
KAAS KAAS KAAS … Lees gerus verderWOELIGE WINSKOPIE WEEK oftewel Swart Vrydagweek

Posted on

Kookwater RED ONS LAND (en swart vrydag)

Ons weet dis eers volgende week Swart Vrydag, maar g’n mens kan so lank wag nie. Ons gooi sommer solank ‘n paar lekker pryse in net sodat jy nou nie volgende week ‘n spier trek nie. Vir die ouens en vrouens wat nie weet nie – Ons het volgende week vanaf Maandag tot Saterdag elke dag uiters lae pryse op vele produkte. Maar vat maar solank hierdie week se laes vir ingeval die voorraad opraak. … Lees gerus verderKookwater RED ONS LAND (en swart vrydag)

Posted on

opkikker idees (en produkte)

Die Springbokke se glorietoer deur SA is goed en lekker en wonderlik, maar dit is mos nou maar eenmaal so dat almal nie altyd op so ‘n hoogtepunt is nie (soos die Engelse span bv). Partykeer maak die lewe jou seer. Ek hoor Saterdagoggend op Ontbytsake (op TV) die een dame se plan vir as dit moeilik gaan. (Dis ‘n 16VL plan en nie vir sensitiewe lesers) Sy se: “As die lewe jou klap dat die snot spat, sit terug en se: Dis OK, ek het nog baie snot”. As hierdie verwysingsraamwerk dalk nie vir jou werk nie, probeer die een: As iemand vir jou se jy’s lelik, slaan terug met: Jy’s bietjie deurmekaar, ek is nie ‘n spieel nie.
Om jou en jou beursie op te beur, het ons ‘n paar lekker nuwe produkte: … Lees gerus verderopkikker idees (en produkte)

Ons Wereldbekerwenner lae pryse

DIT WAS LEKKER. Die wedstryd, die wen, Faf se landsvlag speedo saam met die prins, die hope pryse daarna, die whatsapp grappies, die goeie gees in ons land en Rassie se boodskap. Rassie se die span het geweet dat dit moeilik gaan in die land en dat die land se mense HOOP nodig het. Uit 1995 se wen het hulle geweet dat hulle, deur te wen, weer hoop vir ons mense kan gee. Hy se om HOOP te gee was nie hul verantwoordelikheid nie, dit was hul VOORREG. Ek het dadelik na myself gekyk en geweet dat ek ook graag hoop wil gee oral waar ek kom en waar ek kan. ONS LAND SAL WEER BO UITKOM.
Ons het hierdie week weer HOPE lae pryse (wereldklas): … Lees gerus verderOns Wereldbekerwenner lae pryse

Posted on