Lindt KOMPETSIE en Lenteblommetjies

As dit pap reen moet jy skep – of LINDT sjokolades in ons geval. Verlede week se ‘Die Ou Verjaar’ pryse was so gewild, dat ons besluit het om die prysfees met nog ‘n week of so te verleng. Soos my ou vroutjie graag se: TE VEEL VAN ‘N GOEIE DING IS WONDERLIK.
Kyk gerus op die pryslys wat aangeheg is vir die lekker pryse. Ons het nog ‘n wenner of twee bygevoeg: … Lees gerus verderLindt KOMPETSIE en Lenteblommetjies

Die Ou Verjaar – fase 2

Man, maar hierdie verjaarsdagpartytjie gaan lekker rof. Fase 1 van die lae pryse is UITERS gewild. Die lae pryse hou tot Saterdag (solank die voorraad hou). Daar is nog ‘n klompie Lindt sjokolades en jy het nog ‘n kans om die kinders te bederf met daardie 12 bakkie Yoghurt vir R13.50.
FASE 2 Nou raak die pryse laag. Van Woensdag, 21 Aug tot Saterdag 24 Aug geld hierdie: … Lees gerus verderDie Ou Verjaar – fase 2

DIE OU VERJAAR

Die week gaan ons groot op die feesvieringe. Die lae pryse gaan nog laer. Soos met enige lekker partytjie, mag die die ou wat verjaar, die reels maak. So – hier is die reels: Ons het sekere lae pryse wat reeds Maandag begin en hou vir die hele week tot die voorraad op is en party wat eers Woensdag begin en ook hou vir die res van die week. Die eerste produkte is die nagereg en alle aanduidings is dat dit UITERS gewild is. … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR

Lindt Sjokolades en visse in die see

Ek hoor die naweek hierdie 2 skerp waarhede (wyshede) by my studentekinders;
Daar is baie visse in die see, maar weet jy….daar is ook ‘n klomp GEMORS
Vir die wiskundiges: My Girlfriend is like the square root of -100….A solid 10, but also imaginary.

Die Bokke se verrassing was seer aangenaam. Ek sien nou sommer weer uit na die wereldbeker en natuurlik Saterdag se wedstryd. Ons het lekker goedjies vir die wedstryd se kaasbord: … Lees gerus verderLindt Sjokolades en visse in die see

Kookwater gaan groot op TV

Ek sukkel om daai trotse glimlag van my bakkies af te kry. Dis vandat ek verlede week daai advertensie van Kookwater Biltong en Kaas op die TV gesien het. Ja nee boeta, jy weet jy speel saam met die groot kinders as jou winkeltjie op TV begin adverteer. Miskien moet ek verduidelik… ‘n Nuwe TV reeks is verlede jaar by my skool – Hugenote HoĆ«rskool op Wellington geskiet: Alles Malan. Doen jouself ‘n guns en kyk hoe ‘n netjiese PUIK skool lyk. Ek loop oor van trots, maar ek dwaal bietjie van die punt af. Die advertensie… In verlede week se episode het hulle ‘n toneel op die pawiljoen geskiet en daar verskyn Kookwater Biltong en Kaas se Advertensiebord toe sowaar op TV. Hoe’s daai?
Ons het hierdie week ‘n paar heerlike nuwe produkte en soos altyd is die pryse uitsondelik laag. Ek moet se ek verstaan nie hoe ons dit regkry om elke liewe week nuwe produkte te kry, maar sowaar – kyk bietjie hier: … Lees gerus verderKookwater gaan groot op TV

Posted on