Mozzarella en flou verskonings

Dis einde van die maand, m.a.w die begin van ‘n nuwe maand. Die perfekte tyd om weer jou situasie in oënskou te neem. Is jy besig om te doen wat jy nog altyd wou doen? Doen jy nog jou beplanning of het jy al lankal verval in ‘n die groef van almal is teen my, ek sal tog nooit my vrot mikpunte behaal nie? Dis so maklik om jouself jammer te kry en verskonings te kry hoekom jy niks kan regkry nie. ‘Skuimkop’ in die Burger het dit (en die Proteas se situasie) so mooi opgesom. Hy se almal soek verskonings – soos sy Pa altyd gese het: “As die hond nie besig was om sy besigheid agter die bos te doen nie, het hy die haas gevang”. Hou op met die Martie Martelgat benadering en begin nou beplan aan die dinge wat jy nog altyd graag wou bereik. … Lees gerus verderMozzarella en flou verskonings

Posted on

Kookwater opkikkeridees

Voel jy dalk terneergedruk omdat jy, soos die uwe, tuis moet bly tydens die skoolvakansie? Daar is 3 maniere om na hierdie penarie te kyk: Jy kan bly wees, want daar is mense met wie dit slegter gaan as met jou. Die Protea krieketspan is ‘n goeie voorbeeld. Voor Saterdag se wedstryd het Skuimkop in die Burger hul situasie mooi opgesom met ‘n kombinasie van beeldspraak en spreekwoorde: Met een voet in die graf en die rug teen die muur, broek op die enkels en hande in die hare. Foeitog. … Lees gerus verderKookwater opkikkeridees

Posted on

Dikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Vir Vadersdag vertel ‘n mens ‘Army’-grappies: Amerika, Brittanje en Rusland wil kyk wie se spesiale magte die beste is en vergader in die Sahara woestyn vir ‘n toets. Die Navy Seals van Amerika word eerste uitgestuur met die opdrag om ‘n kameel te vang. Na 3 ure is hulle terug met ‘n kameel. Die SAS-magte van Brittanje kry dieselfde opdrag en na 12 ure daag hulle ook toe op met ‘n kameel. Rusland se Spesmacht-manne moet ook ‘n kameel gaan soek. Na 18 ure kom hulle daar aan met ‘n olifant wat vol bloukolle en bloed is. … Lees gerus verderDikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Posted on