11 jarige partytjie DEEL 2

Posted on

Man, maar hierdie partytjie is gewild.  Een of twee produkte is uitverkoop, maar die meeste hou nog lekker.  Ons het vandag nog ‘n paar nuwes om by te voeg om die partytjie nog lekkerder te maak:

VANAF WOENSDAG

Alle pryse van Maandag en Dinsdag geld nog steeds, solank die produkte nie uitverkoop is nie.

  • 50 PAKKIES TAMATIESOUS SAAM MET ELKE AANKOPE.  As die kassiere dalk vergeet om te gee, moenie skaam wees nie, VRA
  • Chicken Chunks -10 pakke vir slegs R75
  • Maile Dijon Mostert R12.50. 2 soorte.  Ek kry nooit die spelling van die naam lekker reg nie, maar die pragtige verpakking vang my elke keer.
  • Beskuit is nou net R18 vir 500gr (Muesli).  Vir daai lekker oggend kuiertjie op die stoep saam met vriende.
  • Koffiekapsules en Hot Choc kapsules – nou net R14.00 vir 10. Jy kan mos nie beskuit eet sonder heerlike koffie nie.
  • Amandelmeel Die laastes kos nou net R39 per kg.  Gouspring. Hierdie uiters lae prys het vir oulaas nog laer geraak.
  • Heinz Groentesop en Hoendersop nou net R3.50 per blikkie.
  • Ertjies R6.50 per blikkie

VANAF DONDERDAG

HEELWEEK KRY JY 50 SAKKIES TAMATIESOUS GRATIS SAAM MET ENIGE AANKOPE.

  • 750ml WATER MET ‘SPORTSCAP’ R2.50.  Hierdie is die grootste winskoop wat ons in ‘n lang tyd gehad het.  Enige skool, organisasie, sportsklub of kerk wat ‘n Basaar, draf, stap of fondsinsameling hou, MOET eenvoudig die water koop.  Die winsgrens is ONGEHOORD – TEEN R10 MAAK JY ‘N 300% WINS.  KOMAAN ONS HET HEELWAT.
  • Fruittree Blikkies R5
  • Ceres Aanmaaksap – R15.  1 liter maak 5
  • 5 liter water R9.50.  Ek weet van geen ander winkel wat water teen hierdie prys verkoop nie.
  • PANTENE CONDITIONER 4 X 80ml vir R10.  Rerig waar.  Kom haal handevol.

Daar is natuurlik ook nog steeds die gewone puik pryse wat nerens geklop word nie.  Kom vat ‘n bietjie tyd en twee trollies en kuier by ons.  Jy en jou beursie sal nie spyt wees nie.  Moenie bekommerd wees nie.  Die ry mag lank lyk, maar dit loop vinnig, want ons 3 kassiere is uiters vinnig.

Terwyl ons op die verjaarsdag onderwerp is:  My vriend Willie laat weet dit sou vandag sy oupagrootjie se verjaarsdag gewees het.  Hy was ‘n oudstryder in die Engelse Oorlog.  Willie is nogal trots op hom.  Hy se sy oupagrootjie het man-alleen, sonder om aan sy eie veiligheid te dink, die Engelse se kommunikasiestelsel vernietig – hy het 2 van hul posduiwe opgeeet….   ‘n Volksheld.

Mag almal die week se partytjie saam met ons geniet.

Partytjiegroete

Frans – die ou met die groot kopseer (waar kry ek genoeg voorraad)