11 jare agter die blad en ons vier fees

Posted on

Foto geneem deur Stephanie Jarstad

11 Jaar oud klink nog soos vroee tienerjare, maar glo my ons is pure hardebaard.  Ons naam vir Kwaliteit produkte teen Kookwater lae pryse loop ons ver vooruit.  Vanjaar takel ons weer hierdie verjaarsdagweek met pure lekker – vrek lae pryse op ‘n klomp produkte.

Vir die wat nie weet hoe dit werk nie: Ons het elke dag nuwe produkte met lae pryse wat net op daai dag begin en aanhou tot dit op is.  Partykeer is jy gelukkig as Maandag se produk nog beskikbaar is teen Woensdag, maar moenie kanse vat nie.  Vir die ouens en vrouens op vakansie, kom hier verby as jy terugkom, jy sal nie spyt wees nie.  

‘n Verjaarsdag is mos darem saai as jy nie minstens ‘n geskenkie GRATIS kry nie.  Dis mos soos partytjies werk.  Met elke aankope kry jy 50 sakkies tamatiesous gratis.  Die organisasies wat fondse insamel met verkopes van eetgoed, moet ons tog nader vir die tamatiesous – ons gee graag.

Ek glo nog altyd dat ‘n partytjie en ‘n ete eintlik moet begin met die nagereg. So, dis my partytjie en daarom sal dit so wees.  Maandag is die dag vir die soetgoed en terwyl die kinders nog op vakansie is, trek hulle eerste voordeel uit ons partytjie.

MAANDAG:

  • 50 SAKKIES TAMATIESOUS GRATIS saam met elke aankope.
  • Soft and Moist Koek R16.50 – bederf jou kinders bietjie tydens die vakansie.
  • 4 koppies KOEKINNEKOPPIE (Cake in a Mug) vir R6 – laat die kinders self hul koek maak – minder as 2 minute in die mikrogolf.  Ek het gister die sjokolade en die Caramel getoets.  Dis absoluut heerlik saam met die Parmalat Vla wat ons nou verkoop teen R16.50 per liter.
  • 10 Vrugtekelkies vir R15.  Die Vla gaan goed saam met hierdie ook.  Hierdie gesonde opsie gaan ook saam met die Safari vrugtestafies – 8 vir R17.50
  • Hello Kitty en Planes – 200ml ystee NOU SLEGS R15 vir 6 (R2.50 elk)
  • FRUITTREE 200ml sappies R15 vir 6 (R2.50 elk)  Koop genoeg vir die kwartaal wat voorle.
  • Koeksisters R9.90
  • Daar is 2 produkte wat nie so kwaai partytjierig klink nie, maar ons wil hulle vandag opsit omdat ons min beskikbaar het en hulle liewer vinnig wil uitkry:  Peck’s vissmeer teen R9.90 en Feta Kaas 200gr teen R12.50. Hoe’s daai vir uiters lae partytjiepryse?

KAASDINSDAG: – Grootmens partytjies lyk beter met ‘n kaasbord tydens sononder.  Ons het die bestanddele vir ‘n heerlike kaasbord:

  • 50 SAKKIES TAMATIESOUS GRATIS saam met elke aankope.  Dit pas nou nie noodwendig lekker op ‘n kaasbord nie, maar gratis is gratis.
  • 5 SOORTE ROOMKAAS  R11.90
  • FETA KAAS 400gr R26 – ‘kruie’ en ‘peperkorrels’
  • Gouda en Cheddar R69 per kg (vakuumverpak)
  • Gerasperde Cheddar R49.50 per kg
  • Camembert R14.50
  • Olywe R5.50
  • Ryskoekies R9 vir ‘n GROOT sak – 250gr.

Ons wil nie al die verrassings gelyktydig uitlap nie.   Woensdag en die res van die week se verrassings is meer kos en drinkgoed gerig – dink hoender, sap, Koffies, beskuit en allerhande ander produkte teen uiters lae pryse.  Ons stuur Dinsdagaand of Woensdagoggend nog ‘n nuusbrief.

Die lewe is baie saai as jy nie interessante dinge beplan nie.  Maak die vakansie lekker vir die kinders – reel elke dag iets lekker.  Maak dit lekker vir jouself – kom koop vir Mammie ‘n mooi bos proteas en geniet daai sonsondergang met die lekker kaasbord.

Wat jy ookal doen, moenie niks doen nie.  Gooi los man. Dis nie aldag dat Kookwater verjaar nie.

Tienertrantrumgroete

Francois aka Daai Party Animal