11 jaar van lae pryse HEELWEEK

Posted on

11 jaar gelede het Kookwater sy deure oopgemaak in ‘n winkeltjie langs die Gym in Kerkstraat.  Behalwe vir die gangetjie waarin die mense tou gestaan het, was die vloerspasie 2 vierkante meter.  Ons het klein begin, maar groot gegroei.  Vier saam met ons in hierdie uitdagende tye ons 11de verjaardag.  

Die minister se dat besighede aangemeld moet word indien hulle hul pryse onbehoorlik laat styg om mense uit te buit.  Hierdie week moet jy by al jou vriende en kontakte aanmeld dat ons die pryse onbehoorlik gaan laat SAK.  Ons gee ook nie om as jy voorraad opbou vir watter rede ook al nie.  Ons het volop voorraad vir die week.  Die enigste produk wat ons (en vele ander winkels) nie tans genoeg van kan kry nie is die 70% alkohol handreiniger.  Ons het, maar ons vra mooi dat jy hou by die beperking van 20 per klant.  Ons doen ons bes om genoeg te kry.  Ons ken net een manier van feesvier en dit is met uiters lae pryse op kwaliteit produkte.  
Ons gaan 2 nuusbriewe uitstuur die week.  Een met Maandag en Dinsdag se spesiale aanbiedinge en een met die res van die week se lekker pryse.  Die lae pryse van onder andere koffie op Maandag sal heel week hou – tot Saterdag toe – solank voorraad hou. So kom ons begin

MAANDAG 23 MAART – DIE DAG VAN KOFFIES, DRINKGOED en ander bybehore:

  • Cafe a la Carte koffie R25 per kg – Mild, Medium en Sterk. Tot verlede week het hulle gevlieg teen R37.50, want dis heelwat goedkoper as R50 elders.  Geniet dit.
  • KOFFIEKAPSULES R20 VIR 10 – Dis Nespresso ‘compatiible’
  • Koffiebone R14.50 vir 150gr
  • BESKUIT R14 per pak of per boks. Dis eenvoudig heerlik.
  • Mug & Bean koffiebekertjies R7.50 vir R25.  Dit sit jou kinderse se partytjie (later in die jaar) net in ‘n klas van sy eie.
  • Vars melk (sakkies) R8.50 per liter

DINSDAG 24 MAART.  ‘TOMATO TUESDAY’ Vandag fokus ons op vars produkte, en ja – tamatieprodukte.

  • Tamatiesous: 5 liter – R28, 2 liter – R15 en 750ml – R7.50
  • Wellingtons Sweet Jalepeno sous: R7.50 vir 750ml
  • Vars tamaties: R6.50 per kg.
  • Murgpampoentjies (Baby Marrows) R11 per kg (ons word 11 jaar oud)
  • Vla Pampoentjies en baba skorsies R11 per kg – hierdie voorraad is onvoorspelbaar en ons kan ongelukkig nie waarborg dat dit lank sal hou nie.
  • JALEPENO rissies R11 per kg.  (Die beste prys wat ek elders kon opspoor was R50 per kg.)  Geniet ons s’n.  Laat hy brand waar hy wil.
  • Vars wil knopies Sampioene R15 per bakkie.
  • 3 Eiervrugte vir R11.
  • Gevriesde bloubessies R45 per kg

Alle produkte is in albei ons winkels beskikbaar.  Die ouens uit die Paarl kan ‘n km of twee spaar deur sommer by Daai Kookwater Winkel in Newton aan te ry.  Dis oorkant die straat van die Checkers sentrum.  Daar is tradisioneel bietjie minder mense, so geniet dit.
By Daai Kookwater Winkel het ons lekker lae pryse op Meubels en bouverwante produkte ook:

  • Restaurant tafels – was R200. NOU SLEGS R150.
  • GRANIET BLAAIE – R100 elk.  – verskeie groottes – min of meer 400 x 800mm
  • Urinale R100 elk 
  • Wasbakke R100 elk
  • Pragtige Lessenaarblaaie (L-vormig) R60 – ook ideaal vir ‘n hoekblad in jou kombuis.  
  • Eenpaneel Vensterrame met glas – verskeie groottes – R60 en R70

Die behoud van ons nasie is die humor wat ons in alles kan raaksien, ten spyte van die swaarkry.  Ek deel graag ‘n paar stukkies wat ek raakgeloop het:

  • Oor 9 maande gaan ons ‘n paar nuwe name hoor:  Isolatia Theron, Quarentino Smit, Covidian Thessnaar en Corona-Lee Rossouw.  
  • My hande het meer alkohol in die laaste 3 dae gesien as my lewer in my leeftyd.
  • As die skole te lank gaan toebly, sal die ouers ‘n teenmiddel vir Covid-19 vind voor die wetenskaplikes.
  • Dag 3 van tuisonderrig: 2 studente op detensie vir baklei en 1 onderwyser geskors vir drink aan diens.

Mag jou week vol feesvieringe wees.  Was jou hande en moenie in jou neus krap nie. (Ek weet nie of dit vir jou ook so werk nie: die oomblik toe ek hoor ek mag nie aan my gesig raak nie, begin my oog jeuk vir ‘n vale).

Feesgroete

Opgaar Rossouw

Lekker verjaar saam met ons!
1 = Party